CDverkope styg die hoogtes in

By sunieda

….nee, nog nie so erg nie, maar dit lyk goed. Ek het gistermiddag (dis nou Sondag) die voorreg gehad om ‘n gaskolletjie saam met Piet van Wyk de Vries te doen – hy sing elke Sondag-middag by die Karoo-kafee in Lynnwoonstraat- en dit lyk my ons gaan dit ‘n weeklikse instelling maak. Omdat ek en ek en ek die enigste afsetgebiede vir my CD’s is, is dit die manier om een van hulle in die hande te kry. Die Karoo Kafee het ‘n rustige atmosfeer. Mens kuier lekker daar.

Aan die Sonvanger: baie dankie vir die mooie woorde: ek sal definitief sorg dat jy ook ‘n pen kry tydens die Pierneefteater vertoning…AS jy mooi saamsing!

Leave a Reply