Dit was lank stil aan hierdie kant as gevolg van gesteelde kabels, maar die kabels is terug en ek ook!
Hier is ek op die trekker waarmee ek eendag gaan opdaag by vertonings! Upington was ‘n heerlike uittog (ek het daar opgetree by die Landbou Expo). Wat ‘n mooie wêreld. Ons het eintlik meer Louisvale se kant toe, langs die magtige Oranjerivier geloseer by Jeanie en Johnny Underhay. Jeanie het ook aangebied om van my CD’s in hulle winkel OU MIDDELPOS 24 te verkoop. Gaaf, nè? So as jy nou daar sou verby ry …
Ek het ook hope inspirasie vir my eie huis in Jeanie se lekker blyplek gekry: veral vir die badkamer. Die gevolg is dat ek met sakke vol ysterklippe teruggekom het huistoe. In Keimoes het ek ‘n paar kokerboompies gekoop wat ek met liefde gaan versorg, sodat hulle ook sulke mooi prentjies teen die volmaan kan maak. Laat een aand, tussen die klipkoppies van Riemvasmaak, het ons na Piet van Wyk de Vries se “Madelein” geluister. So langs ‘n windpomp, onder die volmaan met die rooskwarts wat so glinster.

Julie 3, 2007 at 3:52 nm
Hello Sunieda,
I can’t believe that your Chinese song is so amazing.
If I didnt know that was you, I would say it sounds really so natural like a native speaker.
I listen to it over and over again. It touch me.
Joyce