Bromponies en bakkies

In Taiwan word jy gebore op ‘n bromponie – so jy weet hoe om hom te ry. Die mense ry woes en vinnig, maar tog sien jy minder ongelukke as wat mens sou verwag. Omdat almal op dieselfde (miskien onverskillige) manier bestuur, en almal dieselfde interpretasie (of waninterpretasie) van die padreëls het, bestuur die mense wakker en toegeeflik: Jy verwag mense gaan uitry uit systraatjies, verwag dat hulle voor jou gaan inswenk, en gee maar toe. Ek dink die  aanspreeklikheid wat geld tydens ‘n ongeluk het ook iets met hierdie toegeeflike gesindheid te doen. Die mate van aanspreeklikheid neem toe, hoe groter die perdekrag is: met ander woorde, in ‘n ongeluk tussen ‘n Iveco-lorrie en ‘n Toyota-karretjie nie, sal die Iveco betaal; tussen ‘n bromponie en dieselfde karretjie, sal die Toyota-bestuurder betaal, tussen ‘n bromponie en voetganger …tensy dit ‘n super-sized Amerikaner blyk te wees…sal die bromponiebestuurder waarskynlik betaal. Die punt is dat jy verantwoordelik is om uit te kyk vir die kleiner outjie, nie om hom te wys wie is die sterkste nie, want jy gaan betaal. Ek hou daarvan – maak almal bietjie meer versigtig!

 

Dit sou wonderlik wees as meer mense hier bromponies kon ry, want die petrol is ‘n hjelse ding. In Taiwan verf die goewerment ‘n blok van so ongeveer 3 meter voor in die baan by elke verkeerslig, gereserveer vir bromponie-, fiets- en motorfietsryers. Dit beteken jy zirrts verby die ou in die 4X4, en gaan staan voor hom. Ek dink die ouens hier sal ‘n effense problem hê met die ge-“ indrukkery”: die ouens in die wit Hilux bakkies is klaar vies as mens bietjie verbyskuur: ek reken dit maak sin dat die groot ouens sien waar jy op die bromponie is – reg voor hulle – sodat hulle jou nie omry nie. Maar die ego…o, die ego. Dan moet hulle ook maar bromponie ry!

Advertisements

One Response to “Bromponies en bakkies”

  1. Lizelle Says:

    Sunieda, jy is “amazing”. Ek het Saterdagaand ‘n show van jou gesien by die Pierneefteater en het dit VREESLIK geniet! Jy gaan dit verseker nog baie ver bring. Ek hoop dat soveel moontlik mense die voorreg sal he om deur jou pragtige stem weggevoer te kan word.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: