Sweet en Swede

En net toe die winter uiteindelik sy laaste stuiptrekkings hier in die suide kry, lyk dit asof ek weer ‘n ander winter binne gaan vlieg. Ek moan niks! Wie kan nou kla as hulle twee keer in twee jaar geleentheid kry om die mooie Swede te gaan besoek! Ek gaan ‘n draai maak by die ateljee waar my CD gemeng is, bietjie minder as ‘n jaar gelede. Hier is ‘n fototjie van Robban en Roberto, die twee trawante aan wie Boo (nee, nie die verkleurman se ou band nie! Die ateljee in Stockholm) behoort. As ek gelukkig is kry ek dalk weer ‘n Mamma Mia kaartjie gewangle – die is mos twee seisoene voor die tyd al uitverkoop dan sal ek regtig NIKS kla nie, al reën dit elke dag!

Intussen het ons ‘n lekker nuwe vertoning bymekaar – hierdie keer met ‘n violis by. Die musikante vir hierdie nuwe vlam uit die rooi draak se bek is Wayne Purchase op klavier, Elena Zlakova (van die Johannesburgse Filharmoniese Orkes) op viool en die briljante Luke van der Merwe (van Noot vir Noot) op kitaar. En hulle mag maar speel. Dit gaan ‘n mooie kesert wees. Die eerste van hierdie opvoerings sal wees by Jan Harmsgat se agterplaas die 12de Oktober. As jy weet van nog plekke waar die rooi draak musiek kan kom spoeg, los ‘n opmerking hier of skryf vir my by info@sunieda.com.

Gamla Stan - die ou stad…dis 3-uur in die môre

Ek moet darem ook net eers my hoed afhaal vir Steve wat sy spoegblok se gereeld diens. Liewe aarde, en hy het nog ‘n vrou en kinders ook….

Advertisements

One Response to “Sweet en Swede”

  1. Johan Says:

    Sunieda, ek gaan nou vir die 3e keer probeer – hoop hierdie keer vat hierdie blog my kommentaar!

    Oor jou laaste optrede by Janharmsgat se Agterplaas op Cullinan: met een woord, FANTASTIES! Hoekom hoor ons noueers in SA hierdie goue stem?! Lyk my saam met Cut Glass het die stem te maklik met daai ander educated stemme weggesmelt; en dan was jy nog 5 jaar weg! Geluk man, dit was ‘n puik vertoning met Luke op kitaar en Jaconell op keyboard ook uitstaande! Ek en vriend Willem het hierdie genoeglike aandjie saam met julle terdeë geniet.

    Sunieda, hou goeie moed; in vandag se tyd waar elke 2e persoon ‘n CD sny, sal die kompetisie straf wees, maar met daardie goue stem van jou moet jy net aanhou! Die CD gaan homself begin verkoop, want dit is skitterend en boonop uiters professioneel opgeneem; wag net wanneer SA en Niekie vd Berg begin kennis neem! Jy gaan nog baie gehore se encores moet doen! O ja, dis my enigste klagte – dat jy laas keer nie ons encore wou doen nie (baie lelik!); Luke-hulle het op die ou end nie juis haastig gelyk nie! Maar jy’s vergewe!

    Jou liedjies is vars en opwindend en die woorde gaan selfs Laurika van laat kennis neem! Jy en jou pa moenie ophou skrywe nie! En volhard gerus met daardie incredible verwerking van Liza Minelli wat jy so skitterend in gebaretaal doen – woorde gaan moeilik beskryf van wat dit aan mens se binneste doen.

    Kan ek afsluit met ‘n basuingeklank: SA NEEM KENNIS!!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


%d bloggers like this: